Hoërskool Framesby Gholfdag ‘n Groot Sukses
ADVERTISEMENT
Met groot sukses het Hoërskool Framesby op 14 November 2025 sy jaarlikse gholdag aangebied. Hierdie geleentheid bring jaarliks spelers, ouers, oudleerders en besighede byeen vir ‘n dag van spanwerk, sport en samewerking. Deur die loop van die gholfdag by Humewood het vierbalspanne meegeding. Die spelers se goeie gees en humor het die gevoel net verder aangevuur, en die weer het perfek saamgespeel. Die skool het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor almal wat bygedra het tot die dag se sukses. ‘n Groot dankie aan al die spelers,borge en helpers wat die dag moontlik gemaak het. Julle betrokkenheid dra tot nog ‘n suksesvolle jaar vir Hoërskool Framesby by.












