Errie aangewys as Middelburg Ope Gholf-kampioen
ADVERTISEMENT
Bea Breedt, graad 11-leerder van Hoërskool Ermelo, het op 11 en 12 Maart aan die Middelburg klubkampioenskap deelgeneem. Bea speel deurgaans uitstekende gholf en teken haar kaarte vir rondes van 75 en 78. Met hierdie uitstaande tellings is Bea die Middelburg Dames- en die A-afdeling se kampioen. Bea stap ook weg met pryse vir die verste dryf en naaste-aan-die-pen. Baie geluk, Bea. Hoërskool Ermelo is voorwaar trots op jou en die mooi prestasies wat jy behaal.












