Hoërskool Bellville se krieketspanne maak skoonskip
ADVERTISEMENT
Hoërskool Bellville se krieketspanne maak bykans skoonskip in hul interskole-wedstryde teen DF Malan. Bellville wen 5 van die 7 wedstryde. Die 1ste XI wen DF Malan met 98 lopies. Die o.19C’s wen met ‘n reuse oorwinning van 270 lopies, die o.15A-span met 98 lopies, die o.15B’s met 9 paaltjies en die o.14A’s met 75 lopies. Slegs die o.19B’s en die meisiespan het hul taai wedstryde verloor.










