Die toekennings stroom in vir Hoërskool Bellville se akademie
ADVERTISEMENT
Die toekennings stroom in vir Hoërskool Bellville se akademiese uitnemendheid. Die skool het by die MEED (Metro-Oos Onderwysdistrik) se gesogte toekenningsfunksie met agt toekennings vir die 2022 NSS-eksamen weggestap. Hoërskool Bellville het onder meer die me. Landeka Diamond-spesiale direkteurstoekenning ontvang vir ‘n 100% slaagsyfer vir tien agtereenvolgende jare. Hoërskool Bellville is die enigste skool in die noordelike provinsie wat hierdie prestasie handhaaf.










