Laerskool Hendrik Louw netbalspelers neem aan die Kaapstad Interdistrikstoernooi deel
ADVERTISEMENT
Laerskool Hendrik Louw is baie trots op twee van hul talentvolle o.11-netbalspelers wat hierdie jaar aan die Kaapstad Interdistrikstoernooi deelneem. Linja Erasmus is vir die o.11 Disas-span gekies, terwyl Sufia Gabier die o.11 Doves-span verteenwoordig. Julle harde werk en deursettingsvermoë het hierdie geleentheid moontlik gemaak – en ons hou duimvas vir ’n geseënde toernooi! Juffrou Rouvé Bergmann is as afrigter van die o.12 Dolphins-span aangestel. Hierdie aanstelling is ’n besondere erkenning vir haar passie en toewyding aan die sport.










