Laerskool Swellendam neem deel aan die PEP Mini netbaltoernooi
ADVERTISEMENT
Laerskool Swellendam Graad 1-3 dogters het die naweek deelgeneem aan die opwindende PEP mini-netbal toernooi ’n dag vol pret, lag, spanwerk en natuurlik… tonne netbal!
Elke leerder het die wonderlike geleentheid gekry om in ál 7 posisies te speel – wat ’n fantastiese manier om te leer en groei! Ons harte is vol trots vir elke dogter wat haar alles op die baan gegee het.
’n Groot dankie aan Laerskool Bredasdorp en PEP mini-netbal vir hierdie ongelooflike ervaring. Julle het ons dag onvergeetlik gemaak!Ons kan nie wag vir volgende jaar se toernooi nie!














