Hoërskool Swellendam netbalspanne presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Op 20 en 21 Maart het Hoërskool Swellendam aan ‘n netbaltoernooi in Bredasdorp deelgeneem. Die o/14, o/15, o/16 en o/19A-spanne het altesaam 22 wedstryde gespeel waarvan HS Swellendam 15 wedstryde gewen het, 6 verloor het en 1 gelykop gespeel het. Beide die o/16 en o/19’s het in hul onderskeie finale gespeel. Die o/16’s verloor naalskraap teen HTS Drostdy en eindig algeheel 2de in die toernooi. Die o/19’s wen HS Bredasdorp in die finaal met ‘n telling van 27-14 en tree dus uit as wenners van die toernooi!










