Laerskool Wierdapark leerders gekies vir die Super 12 Gholftoernooi
ADVERTISEMENT
Laerskool Wierdapark wil graag geluk sê aan die volgende seuns wat gekies is om die skool te verteenwoordig by die Super 12 Gholftoernooi wat op 2 en 3 Oktober by die Gary Player Golf Club plaasvind. Julle harde werk en toewyding word raakgesien – ons is trots op julle!’n Groot dankie aan Jean Hugo, ń professionele gholfspeler uit die gemeenskap, wat tyd gemaak het om die span sterkte toe te wens en vir elke seun ’n spesiale geskenk oorhandig het. Jou ondersteuning beteken baie!
Sterkte, manne – speel met trots en gee jul alles!










