Hoërskool Transvalia begin die gholfseisoen op ‘n hoë noot
ADVERTISEMENT
Hoërskool Transvalia het die gholfseisoen sterk afgeskop en staan reeds 11 punte voor hul naaste teenstanders, Dr Malan, na twee ligawedstryde. ’n Fantastiese begin vir die span! Ons uitblinkers wat reeds ’n groot bydrae lewer, is Mican Nel (voorloper op die ranglys), NF van Tonder, Janko Vrey, RW Koekemoer en Matteo Pollack. Julle harde werk en toewyding maak ons trots!
’n Spesiale vermelding aan RW Koekemoer, wat reeds in Januarie sy eerste toernooi van die jaar gespeel het en uitstekend gevaar het. In die eerste week van Februarie het hy aan die Schoeman Park Vrystaat Junior Ope in Bloemfontein deelgeneem waar hy die O/15-kategorie gewen het met slegs 2 houe oor twee dae. Met rondtes van 78 en 76, in die hitte van Bloemfontein, het hy ook ’n algehele 6de plek tussen al die ouderdomsgroepe behaal. ’n Puik prestasie!
Ons hier by Valia is ongelooflik trots op ons gholfseuns en sien uit na ’n produktiewe en suksesvolle Maartmaand.















