Hoërskool Swellendam netbalspelers wys hul leeumoed
ADVERTISEMENT
Op 15 en 16 Maart het een van ons buurskole, Hoërskool Bredasdrop, vir die 1ste keer die Hoërskool Bredasdorp Netbaltoernooi aangebied. Hoërskool Swellendam het opgedaag en vir geen wedstryd of span terug gestaan nie. Die Swellies het beslis uitgehaal en leeumoed gewys! Ons o.16 en o.19 spanne het deurgedring na die finaal, wat beide die twee spanne ook gewen het. Hoërskool Swellendam is dus as o.16 en o.19 toernooiwenners gekroon. Mila Engelbrecht is ook as die beste 0.19 speler van die toernooi aangewys.

Mila Engelbrecht









