Hugenote Laerskool Doemsie kampus hou gradeplegtigheid
ADVERTISEMENT
By Hugenote Laerskool Doemsie Kampus gradeplegtigheid is elke unieke maatjie, maar ook ’n jaar vol groei gevier. Ons Graad R-leerders het gewys dat groei nie net in grootte gemeet word nie, maar in selfvertroue, vriendelikheid en die moed om nuwe dinge te probeer! Nou is daar ‘n nuwe graad 1-avontuur wat wag! Baie geluk aan ons pragtige Graad R-klasse. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!












