Laer Volkskool Musiek aand
ADVERTISEMENT
Middel C Musiek akademie het Donderdagaand, 31 Oktober, hulle jaarlikse Musiekaand in ware Wildeweste styl gevier. Die Laer Volkskool leerders en ouers het hulle lywe ‘cowboy’ gehou en die jaar se harde werk gevier met pragtige klavier, sang, kitaar, drom en ukulele musiek. Die detail van die dekor, die smul lekker kos en vrolike country musiek was gepaste afsluiting vir ‘n goeie musikale jaar! Baie dankie aan elkeen wat die aand ‘n sukses gemaak het!
















