Hoërskool Framesby met die mooiste musiek by hul Coffee and Melody-Musiekkonsert
ADVERTISEMENT
Dinsdagaand 25 Maart 2025 is Hoërskool Framesby met die mooiste musiek by ons Coffee and Melody-Musiekkonsert vermaak. Dankie aan me. M Roodt, mev. J Loots en mev. C Coetzer (Kultuurhoof). Hier het die musiekleerders die hartsnare geroer met die mooiste melodieë van ‘n klaviersolo tot ’n opgewekte elektriese kitaarstuk. Die gehoor het elke oomblik geniet en met n cappuccino in die hand het ons teruggesit en die talent geniet.














