Hoërskool Monument rugby kook tydens die Noordvaal toernooi
ADVERTISEMENT
Die o.14A en o.15A rugby spanne het die SDC Noordvaal Beker toernooi gewen: o.14A-span is die 2023 Noordvaal wenners!! Baie geluk met jul oorwinning van 33-29 teenoor Noordheuwel in die SDC Noordvaal Beker finaal! Monnas is super trots op julle wat #MonnasGuts tot in die laaste sekondes gewys het! Baie geluk ook aan die afrigtingspan: Mnr. Wynand Moolman, Peet Reynecke, juffrou Dione Groenewald, Dawie de Jongh en mnr. Maree van Rooyen.
o.15A-span is die 2023 Noordvaal wenners!! Baie geluk met jul oorwinning van 17-8 teenoor Helpmekaar in die SDC Noordvaal Beker finaal! Monnas is super trots op jul harde spel, jul sportmanskap en die #MonnasGuts wat julle gewys het! Baie geluk ook aan die afrigters: Mnr. Johann van den Berg Eugene Cilliers Mnr. Corné Pennells. Monnas is ook as geheel op 6de plek in die land se rugby “rankings”.












