Hoërskool Stellenberg netbal o.16EF span is onoorwonne vir die seisoen
ADVERTISEMENT
Daar is nie baie skole wat kan spog dat hulle E-,F-,G- en H-netbalspanne het nie. Hierdie netbalspanne is boonop onoorwonne ook! Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie. Die netbalspanne het skole gewen soos: HS Outeniqua, HS DF Malan, en HS Durbanville, wat baie sterk netbalskole is. Ons is trots op die meisies se harde werk, getroue bywoning en goeie gees wat hulle hierdie seisoen getoon het. Daar is natuurlik ook unieke uitdagings, veral as die buurskole nie soveel diepte en spanne het nie. Om wedstryde te reël is nie so eenvoudig nie en soms is skole ook drukbesig met hul eie ligawedstryde, en dus nie altyd beskikbaar nie. Hoërskool Stellenberg het hierdie jaar ‘n totaal van 29 spanne gehad. Hou so vol!
Voor links na regs: Jessica Grobler, Hilde van Niekerk, Anke Neetling Middle: Minke Jansen van Rensburg, Elmi Young Agter: Kristen Lochner, Rozanne Mak, Chloë Vermeulen, Jessica Jacobs Awesig: Emma Syfer, Mia Els, Jorja Brink, Alexa Zeelie, Tamica Davids










