Merensky Landbou Akademie Hokkie afrigters voltooi nasionale vlak 2 Afrigtingskursus
ADVERTISEMENT
Twee van Merensky Landbou Akademie se toegewyde hokkie-afrigters, Mari Davis en Elzette Steyn, het onlangs hul kundigheid verder geslyp deur die SAHA (South African Hockey Association) Vlak 2 Oorbrugings-afrigtingskursus suksesvol te voltooi. Die kursus het oor ’n tydperk van ses weke gestrek en is weekliks op Dinsdagaande aanlyn aangebied. Die sessies is gefasiliteer deur Kurt Cerfontyne, ’n bekende naam in Suid-Afrikaanse hokkiekringe. Tydens hierdie sessies is ’n verskeidenheid onderwerpe in moderne hokkie-afrigting bespreek en ontleed – van taktiek en vaardigheidsontwikkeling tot spanbestuur en wedstrydanalise.Davis en Steyn moes weekliks toepaslike opdragte voltooi en inhandig, gebaseer op die tema van elke week se sessie. Hierdie praktiese en teoretiese benadering het hulle toegerus met waardevolle insigte en gevorderde tegnieke om hul afrigting op die volgende vlak te neem. Die Plasies sien uit na die positiewe impak wat hierdie opleiding op die Plasie-hokkieprogram sal hê.
Elzette Steyn
Mari Davis










