Unisa Teorie Uitslae vir Laerskool Vredendal
ADVERTISEMENT
Sewe leerders van Laerskool Vredendal het gedurende Junie 2023 hul UNISA teorie eksamens afgelê en puik presteer. Al sewe leerders het 95% en hoër behaal en verskyn dus op UNISA se Ererol.
Voorgraad 1
- Mareli vd Westhuizen 99%
- Cyrilique de Villiers 98%
- Andréa le Roux 98%
- Leentjie Swanepoel 96%
Graad 1
- Elena Lombard 99%
- Joshua Strauss 98%
- Mia Strauss 97%
Mev. Rensche Verwey het ook ‘n toekenning van UNISA ontvang vir uitstaande onderrig in Musiekteorie, opgrond van haar top 10 kandidate se gemiddelde presentasie van 98% gedurende 2022 se teorie eksamens. Baie geluk met jul puik prestasies. Jul maak ons trots.










