100ste Wedstryd vir Hoërskool Witteberg hokkiespeler
ADVERTISEMENT
Tydens die afgelope naweek se Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks teen Goudveld het Juané Loubser (Gr. 12) van Hoërskool Witteberg ’n besondere mylpaal bereik toe sy haar 100ste wedstryd vir Witteberg se eerste hokkiespan gespeel het. Oudspelers, Amy Kotzé en Evané du Toit, het die spesiale oomblik saam met Juané en haar ouers gevier.













