Volkies – dogtershokkiespanne – Derby 2022
ADVERTISEMENT
Hier is Volkies se dogtershokkiespanne wat gaan speel in die 2022 derby tussen Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium. Ons gesels ook met die eerstespan afrigters: Miceala Oosthuizen en Kirsty Adams.
Miceala Oosthuizen 1ste span hokkiedogters
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?
Ons as afrigters is ingestel om elke speler te ontwikkel en die geleentheid te gee om hulle vermoëns en talente tw gebruik om die beste bydrae te maak vir die span. My motto is: “Hard work beats talens, when talent doesn’t work hard.” Dit is presies dieselfde denkwyse wat ons wil hê die dogters moet aanneem. Wanneer jy hard werk vir iets, is die kans op suskses soveel groter!
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ek dink ons is baie bevoorreg dat ons twee afrigters is wat twee heeltemal verskillende posisies gespeel het op die hokkieveld. Ons kan daarom in ‘n oefensessie op meer as een ding fokus en al die spelers maksimaal gebruik. Ons krag lê daarom virseker daarin dat die meisies gemotiveerd is en in elke situasie met vertroue sal weet wat om te doen.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Die feit dat afrigting meer as net “afrigting” insluit. Daar is meer as een aspek daaraan. Die spelers se emosionele, fisiese en psigiese welstand moet in ag geneem word wanneer daar afgerig word.
Kirsty Adams 1ste span Hokkie Dogters
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?
Die skool en ouers kan verwag dat ons as afrigtingspan ons uiterse bes probeer om elke speler individueel te laat groei wat dan ook lei tot die span se algehele groei. Die meisies het baie potensiaal en ons wil seker maak ons ontwikkel daai potensiaal en maak seker elke speler glo in hulself en hul vermoë.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons krag lê definitief op ons aanval hierdie jaar. As die meisies eerste ritme vind en mekaar vind dan het ons ‘n baie sterk aanval.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Vir my persoonlik is dit elke dag om te besef en te onthou dat hulle slegs skoolkinders is en nog baie het om te leer. Ek is self ‘n hokkiespeler so ek moet onthou dat wat ookal ek wil hê hulle moet leer en by aan pas, moet ek in kleiner blokkies af breek vir hulle om te verstaan.
o.19 A

Bianca van der Merwe

Cara Lamprecht

Dionné Groenewald

Imke Blom

Jani Swart

Leanke Roux

Lichelle Coetzee

Marlo Vorster

Marné Vermaak

Megan Potgieter

Michaela Devenish

Simòne Peters

Stephanie van der Merwe

Sumé Schömfeldt

Wilné Janse van Vuuren

Zanelle Winter
o.19 B

Agter (links na regs): Taylor Pretorius, Helga van der Merwe, Michaela Adams, Malincke Botha, Mahné Gnäde, Sarah-Zya Davey, Britney Habib, Marlie Groenewald, Mev. Benson (afrigter) Middel: Inge Ayres, Carla van der Walk, Wendy Lee Geyer, Shani Nel, Mada Oosthuizen (buite-afrigter). Voor: Anicah Ellis.
o.16A

o.16A Agter: Anzel du Plooy, Angelique van der Westhuizen, Laetitia van Zijl, Danel Fourie, Mia Hills, Liané Nel en Hanri Schabort
Voor: Kyra le Roux, Elrie Koornhof, Carike Hattingh en Bridgett Holden-Smith Afwesig: Amé Keyser, Roné Potgieter en Tumé van Niekerk
o.15 A

Agter links na regs: Minke Smit, Wencke Peters, Karla de Bruyn, Andrea Moolman, Miné Moolman, Kayla Mare, Kaitjlinn Janse van Vuuren. Voor links na regs: Jeanette Nolte, Larné van As, Carina Saayman, Janel de Klerk, Elrie Badenhorst, Cilia Yssel.
o.14A

Juffrou Liezel Viljoen (afrigter),Clarinda de Wet,Alexis Duvenhage,Charisse Boardman,Johanny Fouché,Marni van Jaarsved,Zaneri Rohlandt,Leané van Zyl,Juané Coetzee,Tessa Ferreira,Jessica Niemann,Marijanke Moore,Marike Roux,Marli Badenhorst (afrigter)










