Puik hokkiekliniek by Hoërskool Merensky aangebied
ADVERTISEMENT
“The Hockey Company, Tswane” het op 18 en 19 Februarie ‘n hokkiekliniek op Hoërskool Merensky se Astro aangebied. Twaalf nasionaal-bekende afrigters het oor die twee dae seker gemaak dat al die spelers en afrigters vertroud raak met wedstrydbewegings en nuwe vaardighede. ‘n Hoogtepunt was beslis die “Friday Night Lights” waar die spanne hul wedstryde onder spreiligte beslis het, terwyl die die reuk van braaivleisvure en die gesels van ondersteuners die lug gevul het.
Behalwe vir die wedstryde van Saterdagoggend was die glybaan, waar spelers geleer het om die doelhok al glyend te nader, ‘n prettige aktiwiteit. Interne proewe word geskeduleer vanaf 28 Februarie, waarna die eerste vriendskaplike wedstryd op 5 Maart teen Hoërskool Brits beplan word.
Die 145 begeesterde kliniekbywoners op die Plasie-astro.
Senior hokkiespelers slyp hul vaardighede.
Dezi de Jager gly na die doelhok.
DIE PLASIE-AFRIGTERSPAN
Voor: Elri Verster, Marisa Schnettler, Leandri Botha. Agter: Zoe Bergman, Desire Troskie, Anneke le Roux, Izelle du Preez, Wendy Dreyer, Anne Beech, Jacques Vosloo, Nadia Claasen, Mari Henning, Lize Crafford.










