Die Hoërskool Rustenburg spog breëbors met hul o.14A-, o.16A- en o.17A-netbalspanne
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Rustenburg spog breëbors met hul o. 14A-, o. 16A- en o. 17A-netbalspanne wat die afgelope naweek aan die SA-netbalskolekampioenskappe deelgeneem het en gaan wys het waarvan ons Rusties gemaak is! Ons is werklik trots op elke speler en afrigter wat ure se harde werk ingesit het om hierdie uitsonderlike prestasie te behaal!
- 17A-span eindig algeheel 5de in Suid-Afrika.
- 16A-span eindig algeheel 18de in Suid-Afrika.
- 14A-span eindig algeheel 7de in Suid-Afrika.
Baie sterkte aan ons o. 15A-span wat volgende week ook aan die SA-netbalskolekampioenskappe gaan deelneem.
o. 17A-netbalspan agter l.n.r. Elsa Morris (afrigter), Zanei Maritz, Liandri de Wet, Marni Steven, Talitha du Preez, Karla Stieger, Kamogelo Leshomo, Maritsa Grove (afrigter). Voor: Miane Smith, Elsje Gouws, Chelize Durie.
o. 14A-netbalspan agter: Seanne Durandt, Dané Klopper, Chloe vd Berg, Melissa Jacobsz, Caylin Cussons, Mieke Hanekom, Anri Gerber. Voor: Betty Azevedo, Elizy Janse van Vuuren, Tharine Swanepoel.










