Hoërskool Rustenburg netbal blink uit in Potchefstroom
ADVERTISEMENT
Hoërskool Rustenburg netbal het die afgelope naweek deelgeneem aan die Irene Seymore Netbaltoernooi in Potchefstroom ter voorbereiding vir die komende SA-kampioenskappe. Ten spyte van ’n ysige Potchefstroom-wind en strawwe mededinging, het Rustie-gees en puik spel die toernooi gekenmerk! Ons is veral trots op ons o. 15A-span wat na ’n kragmeting in die eindstryd teen Menlopark ’n puik 2de plek behaal het. Die eindtelling was 21–13 in ’n wedstryd vol deursettingsvermoë en moed! Al ons spanne het hul staal gewys en eindig trots onder die top-6 spanne. Ons dogters het tot die laaste fluitjie geblaas is, hul alles gegee. Ons is ongelooflik trots op julle! ’n Groot dankie aan elke afrigter en ouer vir hul onmisbare ondersteuning en bydrae tot ons netbalsukses.










