Hoërskool Swellendam redenaars laat die tonge klap
ADVERTISEMENT
Op 5 Mei 2026 het ’n groep leerders van Hoérskool Swellendam aan die eerste rondte dieATKV redenaarskompetisie by Worcester Drostdy deelgeneem. Leerders het in beide die senior- en juniorafdelings deelgeneem, asook in die Afrikaans Huistaal- en Afrikaans Eerste Addisionele Taal- afdelings. Ons is trots om aan te kondig dat Fae Walker, ’n graad 11-leerder wat in die Senior Afrikaans Eerste Addisionele Taal-afdeling deelgeneem het, deur- gedring het na die semi-finale rondte van die kompetisie. Ons wens haar alle sterkte toe vir die rondte twee wat op 28 Mei 2026 by Goudini Spa plaasvind.










