Hoër Volkskool leerder vaar baie goed in motorfiets wedren
ADVERTISEMENT
Erik Swanepoel, ‘n gr 10 leerder aan Hoër Volkskool, het deelgeneem aan die PEAK 2 PEAK ‘Hard Enduro’ wat die motorfietsryers self op GPS moet navigeer.
Dit behels drie dae se ry waarvan die moeilikheidsgraad van die roetes in brons, silwer en Goud verdeel word, met goud as die moeilikste. Die eerste dag word gebruik om te bepaal in watter klas die ryers moet deelneem vir die volgende twee dae.
- Hy het die 44km baan voltooi in Goud en besluit om voort te gaan met dit die volgende 2 dae.
- Hy het die eerste lang dag van 110km voltooi in ‘n baie goeie tyd van 8ure.
- Hy het die laaste dag van 100km voltooi in 7ure 30 minute.
Die gebeurtenis is nie gebasseer op posisies nie maar wel wie dit klaar kan maak omdat dit n prestasie op sy eie is. Die kompetisie het plaasgevind in Barkley-Oos ,reg onder die Drakensberge wat bekend is vir sy hoë berge en mooi uitsigte. Dit was verseker ‘n uitdaging met baie klippe en rotsbanke wat die ryers moes uitry en afry wat baie fisies op hul lywe was. Hy kon uiteindelik die drie dae voltooi en het ‘n trofee verower vir Goud.












