Hoërskool Langenhoven Kultuurprestasies
ADVERTISEMENT
Hoërskool Langenhoven redenaars het puik presteer tydens die ATKV-Redenaarskompetisie in Worcester op 6 Mei. Die voglende leerders het deurgedring het na die semi-finale rondte wat op 30 Mei in Humansdorp gaan plaasvind.
- Joa Janse van Rensburg – voorbereid
• Zoey Micheals – voorbereid
• Clarette Bowing – voorbereid
• Hansie Beukes – Voorbereid en Onvoorbereid
• Chloe Abrahams – Onvoorbereid
Baie geluk aan al die deelnemers, en sterkte met die voorbereidings vir die semi-finale rondte.
FOTO – DEBAT SPAN – Foto van links: – Joa Janse van Rensburg, Hansie Beukes, Clarette Bowing Voor van links – Zoey Michaels, Chloe Abrahams
ATKV DEBAT
Ons is trots om aan te kondig dat Melieke Lamprecht en Anke Labuschagne ook uitgenooi is om aan die semi-finale rondte op 6 Junie in Stellenbosch deel te neem.
Hulle sluit aan by Emmelize Lamprecht en Chloe Abrahams wat reeds gekwalifiseer het, wat beteken dat Hoërskool Langenhoven nou met twee spanne in die semi-finale verteenwoordig sal word.
Baie geluk met hierdie besonderse prestasie en Sterkte MET DIE SEMI FINALE RONDTES WAT OP 5 EN 6 Junie in stellenbosch gaan plaasvind.










