Op die Gereformeerde Skool Dirk Postma se kultuurfront
ADVERTISEMENT
Gereformeerde Skool Dirk Postma het weggespring met ’n suksesvolle uitstappie na die Teatro Monte Casino, waar ’n groep van 27 na die opvoering “CATS” gaan kyk het. Die leerlinge het die vertoning baie geniet, veral die interaksie met die “katte” in hulle volle mondering! Vanjaar wil ons graag ’n toneelstuk op die planke bring. Die afgelope Maandag het die oudisies plaasgevind. Die onderskeie karakters sal Vrydag bekendgemaak word. Daar is agt leerlinge wat vir die Afrikaanse Olimpiade in Mei inskryf. Die vyf leerlinge wat aan die ATKV-redenaars gaan deelneem is ook besig om hulle toesprake te finaliseer.
![]()










