Kollig op Janien Müller
ADVERTISEMENT
Janien Müller, ’n ongelooflik talentvolle Graad 12-leerder, het by die Con Spirito Forté se Nasionale Rondte haar merk gelaat met uitsonderlike prestasies in die kunsafdeling.
Haar uitslae spreek boekdele van haar talent en harde werk:
Houtskool: A++ (94%)
Grys Potlood: A+++ (97%)
Gemengde Medium: A+++ (99%)
Waterverf: A+++ (99%)
Kleurpotlood: A+++ (99%)
Janien is as itemwenner in 4 uit die 5 items aangewys – ’n werklik merkwaardige prestasie by die landsfinaal!










