Laerskool Louis Trichardt leerders presteer in kultuur
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Lika Burger en Faith Mpheiwa wat pragtig presteer het by die ATKV Finaal in Worcester. Lika behaal ‘n 13de plek in die Gr. 6 & 7 Afrikaans Huistaal afdeling. Faith behaal ‘n 6de plek in die Gr. 6 & 7 Addisionele Taal afdeling! Pragtig meisies! Laerskool Louis Trichardt is baie trots op julle!

Baie geluk aan al die Triegies wat pragtig presteer het tydens die Nasionale Eisteddfod!
- Ammaarah Khan ontvang Goud vir voordrag (Gr. 3).
- Tristan James ontvang Goud vir voordrag (Gr. 3).
- Ruhi Patel ontvang ‘n Diploma vir voordrag (Gr. R).
- Nika Alberts ontvang twee Diplomas vir voordrag (Gr. 7).










