Ligbron Akademie vir Tegnologie gholfspan skitter met silver in Mpumalanga Finale
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste gholfspan het as naaswenners uit die stryd getree tydens Gholf RSA se Mpumalanga uitspele. Hierdie vertoning beteken dat Ligbron in Augustus in KwaZulu-Natal aan die nasionale kampioenskappe gaan deelneem.
Ligbron was die enigste skool uit die Gert Sibande-streek wat tot die nasionale kampioenskappe deurgedring het. Hulle het strawwe kompetisie in die gesig gestaar, maar gewys dat hulle gholf van topgehalte kan speel.
Die finale telling tussen die voorlopers was baie na aan mekaar, met Hoërskool Nelspruit wat eerste geëindig het met 225 houe en Ligbron kort op hul hakke met 236 houe.
Ligbron se eerste gholfspan
Voor: Nickey Jansen van Rensburg (afrigter), Refardt Jansen van Rensburg (kaptein) en Frans de Klerk (afrigter)
Agter: Lohan Swart, Arno van der Bank en Anthony Reid
Foto: Bianca Breytenbach
Hierdie nuwe prestasie volg op Ligbron se vertonings tydens die Gert Sibande gholf liga. Die A-span het die kroon as ligawenners weggedra, terwyl sowel die B-span as die C1-span tweede plekke in hul onderskeie ligas behaal het. Die C2-span het in ‘n vyfde plek geëindig. Danksy hierdie skitterende vertonings het die A-, B- en C1-spanne almal daarin geslaag om deur te dring na die Mpumalanga-finaal, waar hulle die streek se naam gaan verdedig het.Ligbron is besonder trots op hierdie gholfspanne se prestasies.










