Laerskool Worcester-Oos motorfietsryer presteer in die Western Cape Offroad Club
ADVERTISEMENT
Laerskool Worcester-Oos leerder Ruben de Kock (graad 6) deelgeneem aan die Western Cape Offroad Club se Double Header twee dag resies in die Koue Bokkeveld. Saterdagoggend het hy vier rondtes van 25km elk in ‘n tyd van 2:27 gery en eindig die dag in 4de plek. Sondagoggend het Ruben weereens vier rondtes van 25km elk gery in ‘n tyd van 2:18 en eindig 3de vir die dag.
![]()










