Laerskool Worcester-Oos se kranige “offroad” motorfietsryer
ADVERTISEMENT
Ruben de Kock ‘n Laerskool Worcester-Oos leerling, en kranige “offroad” motorfietsryer het hierdie jaar uitstekend gevaar. Hy het op 26 November, 10 geword en het ‘n algehele 3de plek behaal in Western Cape Offroad Club (WCOC) vir die jaar. Hierdie was sy eerste volle jaar van resies en hy het hierdie goeie prestasie behaal. Hul prysuitdeling is eers volgende jaar as gevolg van eksamens hierdie tyd van die jaar.
Bron: George de Kock












