Hugenote Laerskool hou jaarlikse Mini-netbal met ‘n TWIST-toernooi
ADVERTISEMENT
Laerskool Hugenote het weer die voorreg gehad om ons jaarlikse Mini-netbal met ‘n TWIST-toernooi aan te bied. Die doel van hierdie middag is om op ’n informele, prettige manier aan die o/7-o/9 -netbalspelertjies blootstelling aan netbal te gee. Anders as met “formele, kompeterende toernooie”, waaraan spelers nog baie in die toekoms blootgestel sal word, is hierdie toernooi ontspanne, lekker en sonder druk.
Die “twist” aan hierdie middag is die kleredrag! Aangesien hierdie middag informeel en baie pret is, het spelers en afrigters kreatiewe/snaakse uitrustings aangetrek. Hierdie toernooi was ook vir ons o/7’s die afskop van hul wedstryd-seisoen.
Baie dankie aan elke skool en dogtertjie wat hierdie middag bygewoon het.











