Hoërskool Ermelo-ruiters ryg pryse in tydens Qualifier 2
ADVERTISEMENT
Vanaf 20 to 23 April het twee Hoërskool Ermelo ruiters deelgeneem aan SANESA Qualifier 2 in Badplaas: Die uitslae is as volg: Marizelle Grey behaal twee eerste plekke in Prix Caprilli, een eerste plek in Performance riding, eerste plek in Working riding en ’n tweede plek in Equitation, alles in Newcomer level.
Zelmari van der Walt behaal ’n derde en vyfde plek in Dressage, ’n eerste plek en tweede plek in Prix Caprili, ’n eerste plek in Performance riding, asook in Working riding 70 cm, derde plek in Equitation, vyfde plek in Working Hunter 70cm en ’n vierde en vyfde plek in Show jumping 70cm. Alle afdelings was op Level 1. Baie geluk aan elkeen van die ruiters. EHS is trots op jul prestasie.
Marizelle Grey
Zelmari van der Walt










