Hokkie prestasie vir Hoërskool Duineveld
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Duineveld se 8 Hokkie-dogters wat verkies is tot die onderskeie Noord-Kaap Platteland hokkiespanne. Hulle gaan in die winter-skoolvakansie vanaf 2-5 Julie 2023 by Paarl Gimnasium te Paarl aan die Nasionale Plattelandse Hokkietoernooi 2023 deelneem.
Dogters o.19
- Lauren Matthews
- Romé Swart
- Mia Louw
- Tané Mostert
- Lizelle Human
- Liechen du Toit
Dogter o.16
- Tiné Venter
- Lindi van den Berg
Baie geluk aan al ons hokkiespeelsters met jul verkiesing tot die provinsiale spanne. Baie sterkte met die laaste voorbereide vir hierdie toernooi. Dit is ‘n groot prestasie en jul verdien dit opreg. Ons harte klop buite ons bors van trots!

















