Laerskool Orion het aan die hokkie Super 12 toernooi deelgeneem
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan ons hokkieleerders! Laerskool Orion eerstespan seuns- en dogtershokkiespanne het die afgelope naweek aan die Super 12-toernooi deelgeneem.Ons eerstespan dogters het uitstekend presteer en ’n puik 4de plek uit 24 skole behaal – ’n prestasie waarop ons ongelooflik trots is!
Ons eerstespan seuns, wat slegs in hul tweede jaar van hokkie meeding, het ongelooflik goeie hokkie gespeel en sterk spanne die stryd aangesê. Laerskool Orion eindig algeheel 12de uit 24 skole in die Super 12.Ons sê baie dankie en geluk aan elke afrigter en speler die Ories is trots op elkeen van julle!












