Merensky Landbou Akademie netbal afrigters slaag tegniese kursus met vlieënde vaandels
ADVERTISEMENT
Op Donderdag, 6 Februarie 2025, het 4 van Merensky Landbou Akademie se netbal afrigters, Marili Korff, Clarissa van Zyl, Juané Viljoen en Ansie Combrink, deelgeneem aan die NSA se vlak 1 tegniese kursus wat by Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen aangebied is. Die kursus is gefasiliteer deur Magriet Bester van Netball South Africa (NSA). Hierdie intensiewe opleiding is ontwerp om afrigters toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om die tegniese tafel tydens wedstryde doeltreffend te bestuur. Aspekte wat gedek is, sluit in die hantering van beserings, die bestuur van speltyd, inruilings van spelers, en die byhou van telling – ‘n integrale deel van enige netbalwedstryd. Die Plasie-afrigters het nie net met ywer aan die sessies deelgeneem nie, maar ook aan die afsluitende toets wat alle deelnemers moes aflê. Met trots kan ons rapporteer dat elkeen van hulle geslaag het! Merensky is trots op hierdie span se toewyding aan hul professionele ontwikkeling en sien daarna uit om dié nuwe kundigheid in die komende seisoen se wedstryde toe te pas.
Ansie Combrink, Juané Viljoen, Clarissa van Zyl, Marili Korff.










