Merensky Landbou Akademie ruiters blink uit by Waterberg uithouritte
ADVERTISEMENT
Merensky Landbou Akademie se talentvolle ruiters het op Saterdag, 22 Maart 2025, hul uithouvermoë en deursettingsvermoë ten toon gestel tydens die Waterberg Uithouritte. Sulize Stander, met haar perd Kwafat, het ‘n merkwaardige prestasie behaal deur die 80 km-rit suksesvol te voltooi. Maryna Jacobsz het ook puik gevaar en die 40 km-rit met haar perd Jazin afgerond. Uithouritte vereis nie net fisieke uithouvermoë van beide ruiter en perd nie, maar ook ‘n sterk band van vertroue, taktiese insig en goeie voorbereiding. Merensky is trots op hierdie twee ruiters wat die Plasie-gees waardig verteenwoordig het!
Maryna Jacobsz, Sulize Stander.










