Hoërskool Pietersburg krieket presteer
ADVERTISEMENT
o.19 Limpopo Krieket Super Skole Liga : Ons krieketseuns het Saterdag 14 September tuis teen Hoërskool Ben Vorster in die Limpopo Krieket Super Skole Liga deelgeneem.
- Dian Gouws het 47 lopies van 42 balle aangeteken
- Nicolas Oerlemans het 23 lopies van 14 balle aangeteken
- AJ Galloway het 3 paaltjies na 2 beurte vir 7 lopies geneem
- Ignus Ferreira het 2 paaltjies na 5 beurte vir 19 lopies geneem
Baie geluk aan elke Pietie en hul afrigters!

Ons krieketseuns het Saterdag 14 September teen Stanford Lake College aan die A-Liga deelgeneem.Willem Viljoen het 4 paaltjies na 5 beurte vir 40 lopies geneem Baie geluk aan elke Pietie en hul afrigters!

o.15A Limpopo Krieket Super Skole Liga. Ons krieketseuns het Saterdag 7 September tuis teen Hoërskool Merensky aan die Limpopo Krieket Super Skole Liga deelgeneem.
- Alex Thomson het 2 paaltjies vir 30 lopies geneem.
- Martinus Boneschans het 65 lopies van 85 balle aangeteken.
Baie geluk aan elke Pietie en hul afrigters!
o.15B Krieket:Ons krieketseuns het Dinsdag 10 September tuis teen Stanford Lake College aan die Limpopo Skole Liga deelgeneem. Baie geluk aan elke Pietie en hul afrigters met jul puik vertoning!
- Tristen Jurgens het 24 van 15 balle aangeteken
- Evan Brits het 23 van 30 balle aangeteken
PD Schoeman neem 3 paaltjies vir 10 lopies na 4 beurte.











