Hoërskool Ermelo spellers skitter by WOW Spelfees Nasionaal
ADVERTISEMENT
Om reg te kan spel, is een ding, maar om hardop reg te kan spel tussen die land se bestes en dan boonop nog onder druk, is ‘n heel ander storie!
Drie Errie-spelsterre is egter opgewasse hiervoor en het gekwalifiseer om op Saterdag 28 September by die Universiteit van Stellenbosch deel te neem aan die Nasionale finaal van die Sanlam WOW Spelfees. Kara McKenzie (gr. 8) presteer puik en behaal nasionaal ‘n vierde plek. In die gr. 9-afdeling is Hoërskool Ermelo verteenwoordig deur twee Erries, naamlik Johandi Bezuidenhout en Inke Oosthuizen. Inke behaal ‘n uitstekende algehele vyfde plek. Dit wil gedoen wees!Hartlik geluk aan ons Errie-spellers. EHS sien uit na wat jul nog in die toekoms by dié kompetisie gaan vermag!










