Hoërskool Durbanville Krieket in 3 Finale
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Durbanville het vanjaar weer kookwater krieket gespeel. Durbanville Krieket het die afgelope paar jaar sterk aanspraak gemaak in die liga en uitklopkompetisies. Professionele afrigters brei die verskeie spanne en die seuns het vanjaar begin met kondisionering in die skool se nuwe Hoë Prestasiesentrum. Die Eerste Krieketspan bestaan vanjaar hoofsaaklik uit graad 11 en 10 leerders, met slegs een matriekleerder in dié span. Sterk o.14 en o.15 krieketgroepe bied ‘n goeie vooruitsig vir die skool met die oog op die toekoms vir Krieket by die Hoërskool Durbanville.
Die o.14A Krieketspan was verlede jaar die WPNS Uitklop kampioen en vanjaar het 3 spanne vir die finaal van die liga deurgedring. Die o.14A, o.15A en o.19B Krieketspanne speel Vrydag en Saterdag 11 en 12 Maart 2022 in die finale van die liga.
Dankie aan ons afrigters, ouers en ondersteuners, ons waardeer die insette en ondersteuning.
#TrotsDurbanville
![]()










