Hoërskool Durbanville wen Top-4 Atletiek
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Durbanville het vanjaar weer die Top-4 Atletiektitel ingepalm. Verlede jaar se atletiekseisoen was ongelukkig vroeg reeds deur WP Atletiek afgestel. Hoërskool Durbanville het sy atlete deur die klubsisteem ingeskryf om hulle sodoende betrokke te hou sowel as die nodige blootstelling te bied tot op SA-vlak. Vanjaar was skole weer die geleentheid gebied om te kon deelneem, met die nodige maatreëls in plek. Die Top-4 Atletiekbyeenkoms het op Dinsdag 15 Februarie 2022 op Coetzenburg in Stellenbosch plaasgevind. Die dag het uitgemaak vir prag vertonings met vele rekords wat verbeter is.
Die finale uitslag van die dag was as volg:
- Hoërskool Durbanville
- Hoërskool Brackenfell
- Fairmont High School
- The Settlers High School
Durbanville verower ook die volgende trofees:
- Top-4 Atletiekbeker
- Beste Dogterspan
- Beste Seunspan
Baie geluk aan ons Durbies met hierdie puik prestasie. Ons is trots op ons atlete se harde werk en deursettingsvermoë. Baie dankie aan ons Durbanville-personeel, afrigters, fisios en ons Durbanville-Ondersteuningspan wat almal bygedra het tot ‘n suksesvolle dag.
Ons wens ons atlete sterkte toe met die res van die seisoen se deelname.
#TrotsDurbanville

Agter: Anna-Mart Klem Middel v.l.n.r. Cole Boyes en Gretha Truter Voor v.l.n.r. Daiman Titus en Jevon Thomas









