Bobaas stoei prestasie op die mat vir Hoër Landbouskool Boland
ADVERTISEMENT
Hoër Landbouskool Boland is trots om aan te kondig dat een van ons eie Graad 9-manne, Joshua Bothma, amptelik gekies is vir die Suid-Afrikaanse stoeispan.
Hy gaan Suid-Afrika verteenwoordig by die Afrika-kampioenskappe in Egipte in die o.17 Grieks-Romeinse afdeling. Wat hierdie prestasie merkwaardig maak, is dat Joshua nog slegs o.15 is! Baie geluk, Joshua! Ons hou jou dop en weet jy gaan daardie mat in Egipte aan die brand stoei.










