SA Jeug kampioenskap prestasie vir Laerskool Worcester-Oos stoeier
ADVERTISEMENT
Dirkie Coetzee het tydens die vakansie aan die Suid-Afrikaanse Jeug Kampioenskappe deelgeneem, waar hy met uitsonderlike vasberadenheid en moed gestoei het. Die bloed, sweet en trane het gevloei, maar Dirkie het nie teruggestaan nie.Hy het twee brons medaljes verower — een in die o. 8-vrystyl en een in die o. 8-Grieks-Romeinse afdeling.
Dirkie het met sy eerste deelname aan die SA’s ware vegtersgees getoon en bewys dat hy ’n teenstander is om mee rekening te hou. Laerskool Worcester-Oos is ongelooflik trots op jou, Dirkie!










