Laerskool Durbanville Redenaarsaand 2022 wenners
ADVERTISEMENT
Laerskool Durbanville het op Woensdag, 16 Maart hul jaarlikse interne redenaarskompetisie aangebied.
29 sprekers van Graad 4 – 7 het aan die kompetisie deelgeneem. Die sprekers het die gehoor en beoordelaars beïndruk met hul goeie toesprake en selfvertroue. Baie geluk aan die wenners:

Juniors: van links na regs Ingrid Enslin (2de), Gianna Demaio (1st) , Louis Laubscher (3de)

Seniors: van links na regs Mila Morkel (2de), Minje le Roux (1ste), Anouk Gerber (3de)









