Hoër Landbouskool Boland atlete skitter by SA Skole-kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoër Landbouskool Boland is ongelooflik trots op hul atlete wat tydens die Suid-Afrikaanse Skole-kampioenskappe gewys het van watter stoffasie hulle gemaak is. Julle harde werk en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp op die groot verhoog!
- Francois Pietersen (o.19):SA Kampioen! Francois wen goud in die Hamergooi met ’n reuse afstand van 62.66m.
- Jayden Small (o.15): ’n Dubbele medaljewenner! Jayden wen goud in die 400m (49.03s) en voeg ’n BRONS medalje by in die 200m (21.79s).
- Johan Klue (o.19): Johan spring homself tot op die podium en wen brons in die Paalspring met ’n hoogte van 3.90m.
- Ockie Vermeulen (o.15): Ockie behaal ’n uitstekende 5de plek in die 1500m Hindernis in ’n vinnige tyd van 4m 38s.
Julle is ware ambassadeurs vir ons skool. Geniet die sukses – dit kom julle toe!











