Hoërskool Montana rugbyspeler gekies vir die Noord Transvaal-Noord o.19 span
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Aiden van Rooyen van Hoërskool Montana wat gekies is vir die Noord Transvaal-Noord o/19 rugbyspan. Die toernooi vind van 6–10 Julie plaas. Hierdie besondere prestasie getuig van harde werk, deursettingsvermoë en passie vir die spel. Ons is baie trots op jou en die wyse waarop jy Monties met trots op en van die veld af verteenwoordig. Ons wens jou alle sterkte toe vir die toernooi en vertrou dat jy hierdie geleentheid ten volle sal geniet. Monties is trots op jou, Aiden!










