Hoër Landbouskool Oakdale neem deel aan die Wes-Kaap Atletiek Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Die Wes-Kaap Atletiek Kampioenskappe het die naweek van 14 & 15 Maart te Groenpunt-stadion in Kaapstad plaasgevind. Sewentien Hoër Landbouskool Oakdale Bulle het as deel van die Eden-span aan die byeenkoms deelgeneem en die volgende plekke is behaal.
- Pieter du Plessis: 1ste 5 000m Stap
- Delano Janse van Rensburg: 4de Driesprong
- Luan Faber: 1ste Gewigstoot en 4de Diskus
- Luan Augustyn: 1ste 400m en 3de 800m
- EW Maritz: 2de Diskus en 2de Spiesgooi
- Zach Olivier: 3de Spiesgooi
- Jadrean Prins: 4de 400m
- Lihan Lategan: 1ste Spiesgooi
Baie geluk Bulle, ons is trots op julle.











