Laerskool Saamtrek tennis nuus
ADVERTISEMENT
Die eerste tennisspanne van Laerskool Saamtrek het die afgelope naweek aan die gesogte ATKV Buffelspoort Prestige-tennistoernooi deelgeneem, waar daar altesaam agt seuns- en agt meisiespanne meegeding het. Dit was waarlik ’n tennisfees uit die boonste rakke, met tennis van uitstaande gehalte regdeur die toernooi.
Elke speler moes werk vir elke punt teen uiters sterk teenstand, en geen wedstryd was ooit ’n gegewe nie. Ons Sam
Die eerste tennisspanne van Laerskool Saamtrek het die afgelope naweek aan die gesogte ATKV Buffelspoort Prestige-tennistoernooi deelgeneem, waar daar altesaam agt seuns- en agt meisiespanne meegeding het. Dit was waarlik ’n tennisfees uit die boonste rakke, met tennis van uitstaande gehalte regdeur die toernooi.
Elke speler moes werk vir elke punt teen uiters sterk teenstand, en geen wedstryd was ooit ’n gegewe nie. Ons Samies het egter deurentyd karakter, deursettingsvermoë en sportmangees van hoogstaande gehalte gewys.
Beide ons seuns- én meisiespan het uitstekend gevaar en deurgedring na die finaal. Wat ’n voorreg om sulke spannende en hoëvlak-tennis te beleef!
Ons seunspan het verbete geveg en hulself met waardigheid gedra, maar moes uiteindelik die knie buig teen Mooirivier.
In die meisiesfinaal het die Samies te staan gekom teen die verdedigende kampioene, Laerskool Jordania. Ná ’n absolute naelbytstryd het ons dogters die titel beklink met ’n ongelooflike oorwinning van 18–17!
Baie geluk aan al ons seuns en meisies. Julle harde werk, veggees en trots in die Samie-kleure maak ons ongelooflik trots. Julle het die naam van Laerskool Saamtrek met eer gedra!