Hoërskool Volksrust Hokkiespanne vaar puik
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust se hokkiespanne het die afgelope naweek sterk meegeding teen Standerton. Alhoewel die o.14-span met 3-0 verloor het en die o.15’s ’n harde wedstryd met 4-2 afgestaan het, het die o.16’s uitstekend gevaar met ’n indrukwekkende 3-0 oorwinning. Ons 2de span het ook puik gespeel en met 4-1 gewen, terwyl die 1ste span hul wedstryd met 2-1 beklink het.
Die finale hoëveldligaplasings is iets waarop ons ongelooflik trots is:
- 1ste span – 1ste plek
- 2de span – 1ste plek
- o.16 – 1ste plek
- o.15 – 2de plek
- o.14 – 3de plek
Ons is trots om aan te kondig dat vier van ons spanne deurdring na die uitspeelrondes. Sterkte aan al die spanne vir die playoffs!











