Skitter bergfiets uitslae vir Hoërskool Swartland
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Swartland bergfietsspan het op Saterdag, 16 Mei aan die 3de Skoleliga-resies by Rhebokskloof Wine Estate deelgeneem. Die manne het weer baie goed gevaar, ten spyte van ’n uitdagende en tegniese roete.
Uitslae:
Sub-Junior Seuns:
- Jacobus Lesch: 8ste
- Stephan van Rooyen: 15de
Youth Men 15:
- Jacobus: 17de
- Noah: 39ste
- Ewan: 42ste
- Samuel: 50ste
Youth Men 16:
- Hendri Bothma: 10de
- Waldi Weideman: 31ste
Junior Men 17:
- Leam Cilliers: 12de
- Albert Zandberg: 30ste
Baie geluk aan al die ryers met hul deursettingsvermoë en goeie prestasies. Ons sien uit na die volgende resies op 22 Augustus in Malmesbury en nooi graag al ons skoolmaats en ondersteuners om die span op die dag te kom aanmoedig!
Foto krediet: Keanu Photography














